Sy het die toekenning ontvang vir haar uitsonderlike uitstalling Rubber ever after.
Volgens 'n beskrywing oor haar unieke uitstalling by die 20ste KKNK dui die titel, Rubber ever after op die happily ever after van sprokies, maar ook op die medium wat nie sommer gou sal vergaan nie. Sy het afvalmateriaal wat hoofsaaklik ou binnebande van motors insluit vir die uitstalling gebruik.
Sy ondersoek sprokies, verganklikheid en rolle in die samelewing met haar unieke kuns waar sy met naald en gare karakters op rubber borduur.
Sy maak gebruik van rubber binnebande omdat sy hou van die kontras tussen naald, gare en die swart rubber. Sy was ook voorheen in 2004 en 2012 'n finalis in die kykNet Fiesta-toekennings asook 'n Absa L'Atelier-finalis. Dit was haar derde jaar wat sy by die Absa KKNK uitgestal het.
Sy het tydens die 2012 Absa KKNK 'n uitstalling by Jamstreet buite Oudtshoorn gehou waarvoor sy dosyne klein renostertjies, lewensgroot renosterhorings en 'n renosterkalfie uit binnebande vervaardig het. Sy het die uitstalling gehou om bewusmaking te maak oor die stro-ping van renosters. Vir die uitstalling het sy 'n renosterhoring gemaak vir elke renoster wat in 2012 voor die KKNK gestroop was.
Vir Taute is kuns nie bloot die reproduksie van iets wat reeds bestaan nie. Al haar werke, ongeag van die medium, verwys simbolies na kwessies wat haar na aan die hart lê en al haar uitstallings word gekenmerk deur 'n totale uniekheid.
Taute noem dat die toekenning vir haar 'n groot voorreg en eer is. "Ek is baie dankbaar vir die geleentheid en die erkenning deur Absa KKNK en Kunsonbeperk."
Hannalie Taute (regs) en helpers tydens die 2012 Absa KKNK. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'