Die koor van 66 kinders en 17 volwassenes is oral hartlik ontvang en behoorlik bederf. Bykans 4 500 km is in 14 dae afgelê en 3 lande is besoek. Detail verskyn op die koor se webblad: sccchoir.co.za en op Facebook: Suid-Kaap Kinderkoor/South Cape Children's Choir.
Anne Swart, oud-onderwyseres van Laerskool Park en van 1996 - 2006 die sekretaresse van die Suid-Kaap Kinderkoor, het die toer georganiseer. Sy het ook die vorige toer in 2007 gereël.
Anne sê: "Die reëlings vir 'n oorsese toer het reeds in 2009 begin. Aanvanklik wou ons die Verenigde Koninkryk besoek, maar dinge wou net nie in plek val nie en ek het in Maart 2010 besluit om die reisplan te verander.
Nadat die besoekpunte geïdentifiseer is en kontak met skole en kore bevestig is, het die beplanning van die roete begin. Dit was ure se kopkrap en baie slapelose nagte om alles ingepas te kry. Dankie tog vir moderne tegnologie! Met kaarte, GPS en e-posse wat heen en weer "gevlieg" het, is die reisplan eindelik gefinaliseer.
Die administrasie rondom so 'n toer is skrikwekkend.
Die bestuur van die koor het baie ure hieraan spandeer! Ek dink as jy die woord visums vir enige bestuurslid noem, wil hulle net "verdwyn" Dan vergeet ‘n mens ook nie van al die grys hare weens stygende kostes en finansiële krisisse nie! Dit het soms gevoel of hulle dink ek wil die 66 kinders ontvoer!
"Nou, na die toer, vergeet ‘n mens van al die harde werk en maande se beplanning. Jy is net dankbaar dat alles so wonderlik verloop het en dat almal veilig is. Die vreugde en verwondering in kinders se oë en hul opgewonde gesigte verbly jou hart. Die koorklanke eggo nog deur jou kop, menige toneel speel in jou geheue af en ovasies dreun nog in jou ore en jy sê dankie vir die ongelooflike voorreg om deel te kon wees van so 'n onvergeetlike geleentheid. Dankie dat ek deel kon wees van die bestuur wat die Suid-Kaap Kinderkoor kon neem na die hart van die musiekwêreld."

Koor optrede in Bensheim, Duitsland.

Jessica en Catherine Stark en Yolandi Wepener, Arnu van Wyk (Arnu en Yolandi is van Hoërskool Punt) by Phantasialand, Duitsland.
.jpg)
Arno Hollander, Bea Esterhuizen, Amorei en Ronel Vermaak (Arno is van Mosselbaai) hoog bo in die Ice Flyer op Berg Titlis Switserland.