Hulle is ook bekroon met drie goue medaljes in verskeie afdelings. Louise Swart, eggenote van die koordirekteur Jan-Erik Swart, vertel Maandag dat die koor gelag en gehuil het toe die uitslae bekend gemaak is.
Dit is 'n droom wat waar geword het vir Jan-Erik Swart om in die gewyde musiekafdeling as wêreldkampioen (wat 'n strawwe kompetisie was) uit die stryd te tree. Die 61 koorlede kom uit verskeie skole in die Mosselbaai, George, en Knysna -omgewing en wissel in ouderdom van 9 tot 16 jaar. Hulle maak baie opofferings met baie repetisies.
Afgesien van hul eerste plek, het hulle tweede in die wêreld vir die kategorie kinderkore-ope, asook vierde in die wêreld vir die kategorie Scenic Folklore, oftewel, etniese tradisionele musiek, verower. Dit is die grootste prestasies nog vir die koor, al het hulle in 2010 die ATKV se Animato-kompetisie gewen en in 2012 het hul 'n Kanna-toekenning saam met Chris Chameleon by die KKNK ontvang vir die beste musiekproduksie.
Jan-Erik Swart, se droom om wêreldkampioen te word, het reeds agt jaar gelede begin in 1996, toe hy as pas aangestelde dirigent van die Suid-Kaap Kinderkoor vir sy nuwe koorlede gevra het wat hulle graag sou wou bereik. Hulle het onomwonde geantwoord: "Om die beste in die wêreld te wees." Hy het bygevoeg dat die oorwinning baie deure vir die koor sal oopmaak.
Die hoofseun van die SKKK, Arno Hollander, was destyds 'n beginner in die koor, en het gister, tydens sy finale jaar, saam op die wenpodium gestaan om die prys in ontvangs te neem.
Verskeie Suid-Afrikaanse kore het tydens die Wêreldkoorspele uitstekend presteer, maar dit is ongehoord dat 'n nuweling-koor soos die SKKK so 'n hoë standaard tydens sy eerste internasionale kompetisie behaal, en bo ongeveer 240 wêreldkore wat in hulle kategorieë deelgeneem het, uit te styg. Voorwaar 'n pluimpie vir koormusiek in die Suid-Kaap. Die Riga oorwinning sal deure oopmaak vir die koor om in ander internasionale kompetisies deel te neem. Die koor is vreeslik opgewonde om huiswaarts te keer. Hulle beplan 'n tuiskomskonsert waar Georgiete die geleentheid sal kry om kampioenkoor in aksie te sien, heel waarskynlik nog voor die einde van die maand het Jan-Erik bevestig.
*Die Stellenbosch Universiteitskoor het die kampioen-afdeling van die kategorie Musica Sacra gewen. Die koor sou gister na 'n besige 16-dag-toer, op die George-lughawe aangekom het waar daar 'n groot verwelkoming op hulle gewag het.

Die Suid-Kaap Kinder Koor (SKKK) laat die Suid-Afrikaanse vlae hoog wapper en het hul naam sowel as die van die land eer aangedoen met hul uitstekende resultate.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'