MOSSELBAAI NUUS - Die Somerfees het gister, 22 Desember, by die Van Riebeeck Stadion afgeskop met onder andere Steve Hofmeyer, Jo Black, Spoegwolf, Gehard Steyn en vele ander kunstenaars. Die fees duur tot 1 Januarie.
Die internasionale kunstenaars, Dana Winner en die duo Neon Dreams, wat eksklusief by die Somerfees is gedurende die feesseisoen, gaan van die hoogtepunte wees.
Die publiek kan hulself reg maak vir nie net nege dae van individuele vertonings deur die land se beste kunstenaars nie, maar ook uitmuntende produksies waar kunstenaars die verhoog oorneem en die gehoor op ‘n ongelooflike reis neem.
Daar is ook ‘n Kersmark, kindervermaak, ‘n magdom stalletjies met heerlike kosse, 'n wyntuin en ‘n biertuin waar die atmosfeer elektries gaan wees. Die fees sluit met ‘n Mnr & Mej Somerfees af waar heerlike pryse op die spel is.
Bespreek kaartjies hier: http://www.vtickets.co.za/
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’