GEORGE NUUS - Optog! is op 18 Mei in George wanneer Sandra Prinsloo met haar vertoning, Moedertaal, die gehoor gaan vermaak.
Die vertoning begin om 19:30 by Eden Place.
Afrikaans.com is een van die borge vir die geleentheid.
Die Optog!-inisiatief, met Nataniël as die beskermheer, is die grootste enkele konserttoer waarby plaaslike kunstenaars betrokke is en poog om lewe te blaas in baie van die teaters en sale in Suid-Afrika.
So kry gemeenskappe in alle uithoeke van die land die geleentheid om hul kultuur te beleef. Kaartjies is by iTickets beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'