OUDTSHOORN NUUS - Die bekende gospel-rymkletser van Oudtshoorn, Luigi April, se boek, A walk with the Lord, is pas vrygestel. In die boek vertel April die verhaal van sy lewenspad met die Here. Volgens hom was dit nie maklik om die boek te skryf nie, aangesien dit ou wonde oopgekrap het.
"Ek het onder 'n vaderfiguur grootgeword en dit was baie ongemaklik om 'n eie identiteit te ontdek as 'n seun in 'n omgewing van boelies. Ek was 'n verwarde jong man wat verkeerde besluite geneem het en het my toevlug tot drank geneem. "
Mense wat meer oor Luigi April se verhaal wil uitvind en die boek wil aanskaf, kan hom by 061 906 9130 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'