Die bekende geestelike sanger, en radio-omroeper se CD is 'n eerbetoon aan sy ma, vertel Rudy, wat in George gebore is.
"Ek het in moeilike omstandighede groot geword. Ek is reeds op 11-jarige ouderdom aan dwelms blootgestel. My moeder het egter nooit opgehou om vir my te bid nie."
Op 16-jarige ouderdom het Rudy tot bekering gekom.
Die CD is dus om dankie sê aan sy moeder en twee tantes: Sandra Korunner en sy oorlede tante Joan Malgas wat 'n groot bydrae gehad het tot sy geestelike opvoeding.
Rudy is vir die afgelope nege jaar werksaam, by Huis Outeniekwa, 'n kinder- en jeugssorgsentrum in George, en het onlangs 'n CD vrygestel saam met die groep wat hy gestig het, Young Believers van Huis Outeniekwa.
Rudy het twee jaar gelede sy eerste CD vrygestel getiteld Meer soos U wat ‘n groot sukses was. Hy het op 18-jarige ouderdom saam met 'n bekende sanggroep van George, Chosen, begin sing.
Vir die afgelope twee jaar is hy 'n radio-omroeper by EDENfm en hy bied die gewilde musiek program Power of Praise Sondagoggende tussen 08:00 en 09:00 aan.
Hy tree gereeld as motiveringspreker by skole op en sing graag by hospitale, tehuise vir bejaardes, gevangenisse, kerkdienste, begrafnisse, sangmiddae en troues.
"Ek bedank my vrou Virgineé vir haar ondersteuning tydens hierdie projek. Ek glo vas dat alles moontlik is wanneer God eerste gestel word in al ons besluite."
Sy droom is om nog vele CD's en DVD-opnames te maak, en om eendag regoor die wêreld te toer met sy musiek. "Ek glo dat die Here my die gawe gegee het om met my musiek 'n verskil in mense se lewens te maak."
Hy het die tien Afrikaanse liedjies op sy tweede CD self geskryf, en vertel dat daar baie emosie en passie betrokke was, omdat baie van die liedere op sy persoonlike lewe van toepassing is. "Ek glo dat baie mense deur hierdie tweede CD 'opgelig', en geïnspireer gaan word.
So lyk die besonderhede van sy toer:
Rudi se program in die Suid-Kaap is soos volg:
- Conville-gemeenskapsentrum, 7 September om 15:00
- Smutsville-gemeenskapsaal (Sedgefield) Saterdagaand 13 September om 19:00
- Theronsville-gemeenskapsaal (in Albertinia) 14 September om 15:00
- Calitzdorp-gemeenskapsaal, Sondag 20 September om 19:00
- Nicholania-saal (Oudtshoorn), Sondagmiddag 21 September om 15:00
- Ladismith-gemeenskapsaal, 28 September om 15:00.
Vir navrae kontak hom by 079 039 9336.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'