Die 35 uitstallers, waarvan 17 vir die eerste keer by die Lentemark betrokke is, beloof ‘n nuwe en opwindende koopervaring.
Oorspronklike en kraakvarsprodukte van hoë standaard sal te koop aangebied word. Klere, handsakke, skoene, houtprodukte, kaas, seep, natuurlike salwe en olies, Kerversierings, kaartjies en kunsafdrukke is te koop.
Dan is daar ook voorafgekeurde handgemaakte produkte van hoogstaande gehalte soos, konfyt, beskuit, biltong en droëwors, vars Karoovleis en nog vele meer.
‘n Spog teetuin, Eat Pray Love, beteken ook dat niemand dors hoef te ly nie. Heerlike kaaskoek, sjokoladekoek en ligte etes asook vars koffie, tee en koeldrank is op die spyskaart. Dit kan geniet word terwyl daar heerlik op die gras langs die damwal uitgespan word.
Piekniekmandjies wat vooraf bestel kan word, sal ook beskikbaar wees.
Plaaswerf Lentemark open sy deure elke oggend om 10:00 en sluit om 17:00. Saterdag sluit ons 15:00. Hierdie is die ideale geleentheid om solank te begin Kersinkopies doen of sommer net jouself te bederf met ietsie moois en spesiaals.
Soos in die verlede moet alle uitstallers ‘n persentasie van hul verkope afstaan wat aan die Kankervereniging oorhandig sal word.
Sedert die stigting van die Plaaswerf Lentemark, is ‘n groot bedrag oorhandig aan Kansa.
Die geld is aangewend vir ‘n Interimhuis op George waar pasiënte wat behandeling ontvang, kan oorbly.

'n Groot verskeidenheid snuisterye en geskenke sal by die mark te koop wees.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'