OUDTSHOORN NUUS - Twee bekende storievertellers en een van Oudtshoorn se bekendste orkeste het hulle talente saamgesnoer in 'n unieke produksie van stories, musiek en gedigte.
Poem Mooney, André Boezak en Paul Amas met sy orkes, House of Entertainment, het Maandagaand hulle produksie Liefhê in Afrikaans by Headlines Restaurant bekendgestel.
André Boezak het tydens sy verwelkoming gesê hulle oogmerk is om kultuurtalent in Oudtshoorn te bevorder en aan die gemeenskap bekend te stel.
"Een maal 'n jaar voer ons kunstenaars in vir die KKNK, maar hier is kunstenaars met uitstekende talent reg op ons voorstoep wat die hele jaar beskikbaar is en geleenthede gegun moet word."
Hy het gesê dit is elkeen se verantwoorde-likheid om kuns en kultuur aan die gang te hou.
"Paul Amas het op sy beurt gesê "Ons doen alles in Afrikaans en oor hoe ons praat is ons nie skaam nie."
Gaste is vermaak met 'n verskeidenheid Afrikaanse liedjies deur Amas en die orkes wat met die unieke vertellings van Poem Mooney en voorlesings deur André Boezak afgewissel is.
Vir meer inligting oor Liefhê in Afrikaans kan Paul Amas by 076 922 8376 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'