Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, het vanoggend die vyf permanente kunswerke wat deur ABSA vir die KKNK opgerig is, onthul.
Paul Bayliss, kunskurator van ABSA het ‘n groep mense begelei en drie van die kunswerke besoek.
As gevolg van die reën kon daar nie die een kunswerk voor die biblioteek begin word nie.
Dit sal met die verloop van die fees deur feesgangers voltooi word.
Die vier ander permanente kunswerke is twee hout telefoonhokkies op die hoek van Voortrekker en Baron van Reedestraat, ‘n sonwyser op die hoek van Vrede- en Langenhovenstraat, klipsitplekke langs Voortrekkerstraat langs die biblioteek en ‘n groot wipplank voor die De Jager sportkompleks.
Volgens Bayliss is die kunswerke ABSA se vydae om stelselmatig blywende kunswerke in Oudtshoorn agter te laat.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'