Weyers, wat tot onlangs voor sy aftrede hier in Oudtshoorn sy eie musiekskool in die Kaap gehad het, het op Sulayman se musiekspoor teruggeloop en op die voorstoepe van Stefanus Marnevick in Dysselsdorp en Aubrey van Wyngaardt in Bridgton beland.
Tussen dié twee onderwysers het Sulayman ontwikkel van sy eerste noot op Marnevick se klavier in Dysselsdorp tot 'n pianis wat vining op pad is na wêreld-roem.
Marnevick vertel dat hy Sulayman as laerskoolseun in 2005 by die nasorgsentrum in Dysselsdorp ontmoet het waar Marnewick die kinders met musiek besig gehou het. "Ek het onmiddellik besef dat die mannetjie 'n wonderlike musikale gawe het en ek het aangebied om vir hom klavierlesse by my huis te gee," vertel hy. Hy sê hy nie kon voorbly met bladmusiek toe Sulayman eers leer note lees het nie.
"Hy het binne twee jaar sy graad 4 musiekeksamen met 97% ge-slaag. Dit vat gewone student tussen vier en vyf jaar om dit reg te kry."
Marnewick het in 2007 Sulayman se eerste volwaardige konsert by Dysselsdorp Primêre ge-reël om geld in te samel vir die gr. 4-eksamen.
By hierdie konsert het die tweede rolspeler in Sulayman se musiekloopbaan op die toneel verskyn. Aubrey van Wyngaardt, by wie Marnevick gereeld nuwe musiek vir sy student gekry het, het die konsert van Sulayman bygewoon.
Marnevick vertel dat hy op daardie stadium besef het hy het sy rol uitgedien en dat Sulayman moet aangaan na iemand wat beter toegerus is en so het Sulayman een van Van Wyngaardt se studente geword.
Van Wyngaardt sê dat Marnevick 'n goeie basis gevestig het en hy het ook dadelik besef dat Sulayman geen gewone student is nie. "Hy het vreeslik hard gewerk, selfs na-ure en snags het hy voor die klavier gaan sit."
Sulayman se begaafdheid en toewyding is bewys toe hy in 2008 sy gr. 5-eksamen oorslaan en dadelik die gr. 6-eksamen met lof slaag. In 2009 doen hy dit weer en slaan die gr. 7-eksamen oor net om die gr. 8-eksamen met lof te slaag.
Volgens Van Wyngaardt neem dit student gewoonlik ongeveer agt jaar om die gr. 5,6,7, en 8-eksamens van Trinity College in Londen te slaag. In 2010 slaag Sulayman sy gr. 7-eksamen by Unisa.
Van Wyngaardt het Sulayman se klavieronderrig tot in sy matriekjaar volgehou en is vas oortuig dat hierdie 'n wêreldklas pianis is.
Marnevick en Van Wyngaardt is baie beskeie is oor hulle rol in Sulayman se lewe, maar sê hulle was bevoorreg om deel van sy opleiding te wees.
Julian Weyers sit ook nie stil nadat hy die twee musiekonderwysers ontmoet het nie. Hy besoek hulle gereeld, dra bladmusiek aan en het homself ook beskikbaar gestel om hulle studente van tyd tot tyd te evalueer en hulp te verleen waar hy kan.
Stefanus Marnevick by die klavier waarop Sulayman Human sy
eerste note gespeel het.
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'