Die KKNK, wat vanjaar sy 19de verjaardag vier, het met die Innibosfees in Nelspruit, Vryfees in Bloemfontein en die Renoster-hoornfees van Witbank om die prys meegeding.
Uitvoerende hoof van Kuns Onbeperk, die aanbieders van die Absa KKNK, Brett Pyper, het in sy aanvaardingstoespraak by die staatsteater in Pretoria gesê dit is 'n wonderlike gevoel om vir die eerste keer ook dié toekenning te ontvang.
"Dit is wonderlik dat kykNET hierdie platform skep vir die platforms wat ons vir die kunste by feeste skep."
Benewens die toekenning vir die gewildste fees is 25 produksies wat of by die Absa KKNK gedebuteer het of vanjaar daar gaan speel vir Fiësta-toekennings benoem.
- Die volgende wenners kan direk met optredes by die Absa KKNK verbind word:
- Beste akteur: Wessel Pretorius - Ont (Absa KKNK 2013)
- Beste opkomende kunstenaar: Wessel Pretorius - Ont (Absa KKNK 2013)
- Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoe-ring: Wessel Pretorius – Ont (Absa KKNK 2013)
- Beste aktrise: Oskar en die pienk tannie (Absa KKNK 2013)
- Beste manlike byspeler: Stian Bam - Babbel /Bos/Vrou vantevore (Absa KKNK 2013)
- Beste vroulike byspeler: Hannah Borthwick - n Is vir Neurose (Absa KKNK 2013)
- Beste regisseur: Lara Bye - Oskar en die pienk tannie (Absa KKNK 2013)
- Teaterontwerp: Marthinus Basson - Op dees aarde (Absa KKNK 2013)
- Beste solo-vertoning: Wessel Pretorius – Ont (Absa KKNK 2013)
- Beste prestasie in visuele kuns: Katie Barnard du Toit - Vrees en Verlies (Absa KKNK 2012)