OUDTSHOORN NUUS - Die jeugdepartement van die Oudtshoorn-munisipaliteit, se direktoraat beplanning en ontwikkeling, het op 18 Mei 'n talent-kompetisie aangebied.
Die talent wat die aand ten toon gestel is, was buitengewoon uniek in vaardighede en het deurentyd die gehoor op hul voete gehad.
Die jeug wat opgetree het was van De Rust, Dysselsdorp, Volmoed, Spieskamp en Oudtshoorn afkomstig.
Luwellyn Coetzee, direkteur van beplanning en ontwikkeling, het al die gaste verwelkom en het in sy spreukbeurt die beoordelaars sowel as die kunstenaars wat die aand moontlik gemaak het, bedank.
Die munisipaliteit wil alle belang-hebbendes bedank wat van begin tot einde deel was van die geleentheid asook al die kunstenaars wat alles in die stryd gewerp het terwyl hulle om die titel geveg het.
Die beoordelaars was Lesinda Stalmeester, Theo Witbooi, Bboy Da Vinci, Susan Juta, Hein Coetzee, met Paul Amas as die programdirekteur.
Die vermaakkunstenaar MTK is uiteindelik as wenner van die Oudtshoorn Got Talent-kompetisie gekroon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’