OUDTSHOORN NUUS - Die geliefde Liewe Heksie is terug! 'Liewe Heksie en die rolskaatse' is by vanjaar se KKNK op die planke.
Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar in Oudtshoorn by die KKNK.
Met haar persente, ‘n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak.
Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry. Levinia vra mooi: ”Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.”
(En o, ja sy sukkel ook bietjie met haar masker…)
Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie.
Margit Meyer-Rödenbeck is die “ultimate” nimlike Heksie en uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf.
‘n Aanbieding vir die hele gesin: by vorige KKNK’s het selfs van die volwassenes gesê dit was hul vermaaklikste produksie in jare!
Besoek www.kknk.co.za vir meer inligting oor vanjaar se fees.
Liewe Heksie en Koning Rosekrans.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'