OUDTSHOORN NUUS - Een van Suid-Afrika se bekendste sangeresse, Laurika Rauch, is op 4 September by Surval Boutique Olive Estate (ongeveer 7 km buite Oudtshoorn).
Die vertoning begin om 19:00.
Van haar bekende treffers is 'Stuur groete aan Mannetjies Roux', 'Kinders van die Wind' en 'Hotgates'.
Haar man, Christopher Torr, het ‘n hele aantal van haar treffers geskryf.
Haar optrede is deel van die OPTOG-projek wat verlede jaar deur Nataniël in die lewe geroep is. Die doel van OPTOG is om kunstenaars weer soos vroeër jare na klein dorpe in die land te neem eerder as net na groot stede en op groot verhoë.
Drie van die organisasies wat deel is van die borgskap van OPTOG is die ATKV, Afrikaans.com en die Atterbury Trust. Verskeie sakeondernemings tree ook as borge op.
Kaartjies kan by itickets.co.za bespreek word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'