OUDTSHOORN NUUS - Die bekende ArtKaroo kunsgalery se laaste uitstalling in die huidige perseel kan nog hierdie naweek besigtig word. Die uitstalling, Krans en Kloof is verlede Donderdagaand geopen.
'n Groot groep kunsliefhebbers het die opening bygewoon. Tydens die opening het galery-eienaar, dr. Janet Dixon, gesê hierdie uitstalling voltooi 'n siklus van tien jaar.
Na afloop van die huidige uitstalling sal ArtKaroo as 'n internet galery voortgaan om kuns nasionaal en internasionaal te bemark. Uitstallings sal steeds met spesiale geleenthede aangebied word.
Die opening van die uitstalling is vooraf gegaan deur 'n hartroerende uitvoering van Pie Jesu wat deur die bekende sangeres Petronel Baardt gelewer is.
Hannes Visser het ook 'n gedig voor-gelees wat hy vir die geleentheid geskryf het. Die gedig sluit aan by die tema van die uitstalling en beeld die 'skepping' van Meiringspoort uit. V
an die treffendste skilderye was dié van Eunice Strydom van De Rust, wat herinner aan die werk van die ontslape Neels Coetzee. "Neels was my mentor, en ek het so baie by hom geleer," het sy met die opening gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'