OPVOLG: SATERDAG 14 MAART | VANJAAR SE KKNK IS AFGESTEL. LEES MEER HIER.
OUDTSHOORN NUUS - Gerugte dat die KKNK as gevolg van die Koronavirus afgestel gaan word is totaal onwaar. Dit was die reaksie van Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, nadat verskeie stories die ronde begin doen het dat owerhede beoog om die KKNK te kanselleer.
"Ons het ‘n amptelik stelling hieroor uitgereik. Ek en die organiseerders van die fees is in daaglikse gesprek met die nodige departemente en plaaslike owerhede. Alle maatreëls word in plek gesit en word gevolg.
"Ons doen 'n ernstige beroep op mense om nie gerugte te versprei of aan te stuur nie."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'