Die ster van die kabaretverhoog wie se stem as subliem en klavierspel as fenomenaal beskryf word, Emile Minnie, tree op Vrydagaand 30 Januarie om 20:30 in die Diasmuseum op. Dit belowe om ‘n aand van heerlike musiek, pret, en humor te wees. Van Minnie word gesê dat hy die verhoog met sy energie en humor, sang en klavierspel vul.
