Mareli Stolp, voorsitter van dié jaar se Kannapaneel, het opgemerk dat een ding vir die paneel seker is: “Die kunste staan sterk in ons land. Oudtshoorn het oorgeloop van teater- en musiekproduksies uit die boonste rakke, voor volgepakte sale. Dit was ’n enorme voorreg om uitvoerende werk van sulke hoë gehalte te beleef en elke KKNK-deelnemer het ons dank en respek – met óf sonder prys. Baie geluk aan al die teatermakers,” sê Stolp.
Buite Land, ’n debuut uit die pen van Neil Coppen, is met twee Kannas bekroon: as beste debuutwerk en Kopano Maroga as beste manlike byspeler.
Drie nuwe Kannas is vanjaar ingestel. Buhle Ngaba se The Swang Song is die eerste wenner van die Kanna vir beste Uitkampteater-aanbieding, Retief Scholtz se komedie-drama Dop, het die Kanna vir beste nuutgeskrewe teks ontvang en die nie-verbale Uitkampteaterstuk vir kinders, In die woud, is met die Kanna vir beste kinderteater-aanbieding bekroon. Nóg ’n eerste vir die Kannas, is dat laasgenoemde kategorie deur kinders van verskillende ouderdomme beoordeel is.
Ngaba is verder bekroon as beste opkomende kunstenaar vir haar teks en spel in The Swan Song.
Gideon Lombard se spel in die eenman debuutdrama Die reuk van appels, het aan hom die Kanna vir beste akteur besorg. Dié produksie het ook ’n spesiale prys vir beste produksiebemarking ontvang, geborg deur die KKNK se bemarkingsvennoot, Lumico.
Sandra Prinsloo het die Kanna vir beste byspeler: vroulik ingepalm vir haar rol in Chris Barnard se Pa maak vir my ’n vlieër pa, onder regie van Albert Maritz.
Die hip-hop opelugmusiekproduksie, Rymklets van Oos tot Wes, is aangewys as beste musiekproduksie en Ronél de Jager se visuele kunsuitstalling Broeigrond: Fertile Ground for Golden Regrets is met die Kanna vir beste visuele kunsuitstalling huis toe.
Die lede van die Kannapaneel was Stolp, Retha Bornmann, Diane de Beer, Aidan Erasmus, Rafiek Mammom, Angelo Mockie, Laetitia Pople, Marguerite Robinson, Tracey Saunders en Malan Steyn, met Meghan Konnie, Isabel Mascher, Leah Mascher, Tamlyn Prins, Zak Steyn en Ayden Winster die lede van die kinderpaneel.
Kanna vir die beste debuutwerk, geborg deur Media24
• Buite Land
Kanna vir die beste teateraanbieding, geborg deur die ATKV
• Karoo Moose
Kanna vir die beste musiekproduksie, geborg deur Huisgenoot
• Rymklets van Oos tot Wes
Kanna vir die beste regie, geborg deur die ATKV
• Lara Foot (Karoo Moose)
Kanna vir die beste aktrise, geborg deur SARIE
• Chuma Sopotela (Karoo Moose)
Kanna vir die beste akteur, geborg deur Castle Lager
• Gideon Lombard (Die reuk van appels)
Kanna vir die beste byspeler: manlik, geborg deur Kunste Onbeperk
• Kopano Maroga (Buite Land)
Kanna vir die beste byspeler: vroulik, geborg deur Kunste Onbeperk
• Sandra Prinsloo (Pa maak vir my ’n vlieër pa)
Kanna vir die beste nuutgeskrewe teks, geborg deur NATi
• Retief Scholtz (Dop)
Kanna vir die beste bydrae tot visuele kuns, geborg deur Absa
• Broeigrond: Fertile Ground for Golden Regrets (Ronél de Jager)
Kanna vir die beste opkomende kunstenaar, geborg deur Ton en Anet Vosloo
• Buhle Ngaba (The Swan Song: teks en spel)
Kanna vir die beste Uitkampteater-aanbieding, geborg deur NATi
