Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse jeugkuns en –fotoweek is tot Sondag oop vir besoekers in die skoolsaal van Hoërskool Oudtshoorn.
Ongeveer 800 kunswerke en foto’s van tien skole in en rondom Oudtshoorn, is vir die uitstalling ingeskryf.
Kobus Spies, bekende kunstenaar en sakeman van Oudtshoorn, het die uitstalling geopen.
Hy het leerders aangemoedig om hulle kreatiewiteit te laat lewe en kuns te waardeer as ‘n belangrike komponent van die gemeenskap.
“Julle is bevoorreg om by skole te wees waar kuns nog as ‘n vak aangebied word, gebruik die geleentheid,” het hy gesê.
Die uitstalling kan daagliks tussen 10:00 en 18:00 besoek word.
Gaste tydens die opening Woensdagaand Foto’s: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'