OUDTSHOORN NUUS - As ‘n mens jou oë toemaak en net luister, sal jy dink dis Neil Diamond sélf wat besig is om te sing.
Toe nou nie, dis Suid-Afrika se eie Johan Liebenberg, wat al bekendheid verwerf het vir sy weergawe van Neil Diamond se liedjies.
Johan, ‘n boorling van Namibië, het die eerste keer Neil Diamond se liedjies gesing in ‘n produksie getiteld Diamonds and Pearls in 2009. Dit was so gewild dat hy in 2013 sy eie Neil Diamond-produksie geskep het. Neil Diamond and Friends was ‘n reusesukses en sedertdien kyk Johan nie terug nie.
En nou bring hy ‘n soortgelyke produksie, The Music of Neil Diamond, vir die eerste keer na die Klein-Karoo op Saterdag 31 Augustus. Die venue is die spog-granaatplaas Celebratio, geleë sowat 30 km buite Oudtshoorn.
Daar sal kos- en wynstalletjies wees. Hekke open om 18:00. Die vertoning begin om 20:00 en duur ongeveer twee ure, pouse ingesluit. Kaartjies is beskikbaar op die webwerf www.celebratio.co.za. Vir meer skakel Gerhard Meyer by 082 802 7138.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'