OUDTSHOORN NUUS - Die KKNK gaan die jaar kontantloos wees om aan feesgangers en stalletjiehouers 'n veiliger fees te verseker.
Dié stelsel word aangebied en bestuur deur Absa in vennootskap met Howler.
Daar sal van 'n 'closed loop'- en 'open loop'-sisteem gebruik gemaak word. Die 'closed loop' sal by die kroeë by die feesterrein gebruik word.
Feesgangers gaan geld op 'n Absa-feeskaart laai en aankope kan so by enige kroeg op die feesterrein gedoen word.
Die 'open loop'-sisteem sal van toepassing wees op alle ander verkopers en stalletjiehouers.
Absa-feeskaarte, sowel as debiet- en kredietkaarte kan vir aankope gebruik word. Absa sal stalletjiehouers met gratis Absa-kaartmasjiene voorsien wat vir standaard betalings gebruik sal word. Die Howler-toestel sal ook voorsien word vir enige betalings wat met die Absa-feeskaart gemaak word.
Daar sal stasies op stragtegiese plekke op die feesterrein wees waar feesgangers geld op dié kaarte kan oorplaas of indien hulle die geld wat op die kaart oor is wil trek.
Die proses en koste daaraan verbonde sal met alle goedgekeurde verskaffers gekommunikeer word.
Al die transaksies sal op die Howler-toestel gelaai en bestuur word om seker te maak dat daar op 'n akkurate wyse rekord gehou word van daaglikse verkope.
Howler sal eenkeer gedurende die fees betalings aan die stalletjiehouers maak en dan weer, niks later as drie dae na die fees nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'