Inwoners van die dorp sien jaarliks uit na hierdie aand van groot vermaak. Verlede Donderdagaand het inwoners van die tehuis gedeeltes uit films opgevoer en op die maat van temamusiek gedans.
Die gehoor kon brokkies geniet uit ou bekendes soos Beauty and the Beast, Heal the World, Pretty Woman, The Prince of Egypt, The Good, the Bad and the Ugly, Sister Act en Liefling. Uiteindelik was Elvis met sy heupe-swaai in Jailhouse Rock die gehoor se gunsteling met Mamma Mia in die tweede plek.

Jannie Lourens, Dawie Dippenaar, Charlene Barnard, Christelle Janse van Rensburg was van die dansers in Mamma Mia.
FOTO'S: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS