OUDTSHOORN NUUS - Die Eden-kluster het die afgelope naweek 'n baie geslaagde talentkompetisie in Parkdene, George, aangebied.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het 13 polisiestasies die toeskouers met sang en danspassies van formaat vermaak.
"Die verrassing was die dansgroep, Aspris, van Calitzdorp wat 'n tweede plek verower het. Genl.maj. Oswald Reddy het die jeug geloof vir hul talent.
"Hy het gevra dat dieselfde toewyding gebruik moet word om misdaad te bekamp."
Genl.maj. Oswald Reddy saam met die dansgroep.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'