Update
OUDTSHOORN NUUS - Meer as 300 bejaarde atlete het Dinsdag 29 Augustus aan die Eden Goue-spele op die De Jager-sportterrein in Oudtshoorn deelgeneem.
Spanne van al sewe die Eden-distrikte het in verskeie sportkodes en speletjies meegeding. Die dag se sport is moontlik gemaak deur die Wes-Kaapse departement kultuur en sport.
Van die items waaraan deelgeneem is, sluit verskeie baanitems, soos 500 m-stap, 100 m-draf, die draf en stap van langer afstande en aflositems in. Die eendstap was ook baie gewild.
Velditems het jukskei en speletjies op die veld ingesluit.
Uit die wenners word nou 'n Eden Goue-span gekies, wat aan die Wes-Kaapse Goue-spele sal deelneem.
Die Eden-span sal gekies word uit die volgende deelnemers:
Helena Augulas (George - Golden Oldies): Dress-up race
Elizabeth Jonkers (Oudtshoorn - Goue Swane): Gooi die bal
Lydia Jacobs (Knysna - Vermont): 100 m (60-69)
Maria Korkee (Hessequa - Golden Oldies): 100 m (70+)
Christina Hendricks (Oudtshoorn - Goue Oues): 4 x 100m aflos
Cycil Rooi (Hessequa - River Valley): 100 m (60-69)
C Grootboom (Bitou - Craggs): 100 m (70+)
Virginia Mtewecu (George - Winnie Madikezela Sentrum): 200 m (60-69)
John Keswart (Knysna - Vermont): 200 m (60-69)
William Paswa (George - Winnie Madikezela Sentrum): 200 m (70+)
Rosie van Wyk (Knysna - Masbonisane): 400 m (60-69)
September Arendse (Kannaland - Zoar): 400 m (60-69)
Maria Tarentaal (Kannaland - Calitzdorp): 800 m (60-69)
Ocker Lewis (Kannaland - Zoar): 800 m (60-69)
Mdzimein Gala (George - Lawaaikamp): 800 m (60-69)
Ada Bothma (Hessequa - Golden Oldies): 500 m stap (60-69)
Cecilia Rhode (Knysna - Vermont): 500 m stap (70+)
Albert Jantjies (Oudtshoorn - Bongolethu): 500 m stap (70+)
Katriena Jantjies (Kannaland - van Wyksdorp): Rugbybalgooi (60-69)
Phillip Witbooi (Oudtshoorn - Swartberg): Rugbybalgooi (60-69)
Clementine Booysen (Oudtshoorn - Dysselsdorp): Jukskei (60-69)
Annie Noordman (George - Pacaltsdorp): Jukskei (70+)
Boy Martin (Mosselbaai - Ilingelihle): Jukskei (60-69)
Jan Goeda (Mosselbaai - Mosselbaai Seniors): Jukskei (70+)
June Kannemeyer (Mosselbaai - Mosselbaai Seniors): Ring die stok (gemeng)
Amalia Buys (Mosselbaai - Benton): Eendstap.
Lees vorige artikels:
• Goue spele lok meer as 300 deelnemers
• Dansende Burgemeester inspireer atlete
• Golden Games vandag in Oudtshoorn
• Golden oldies se goue spele eersdaags
ARTIKEL EN FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'