Die groep het `n teks van Albert Maritz opgevoer en is groot lof toegeswaai. Dit was die 39ste Toneelfees en die sesde agtereenvolgende jaar dat die groep aan die fees deelneem.
Onder die beoordelaars was die bekende akteurs, Esther von Waltzleben, Albert Maritz en Waldimar Schultz.
Op 29 Augustus sal die groep ook weer aan die ATKV Tienertoneelfees deelneem.
Die kompetisie word egter nie vanjaar, soos gewoonlik, in George aangebied nie maar in Kaapstad omdat geen ander Suid-Kaapse skole ingeskryf het nie.
Agterste ry van links: Wihan Nel (silwer vir tegnies), Ray Carstens (brons), me. A Swart (brons), Franz Detter (silwer), Hanri Swart (brons) en Heinrich Boshoff (silwer vir tegnies). Voor: Ashleigh Human (silwer), Lindi Joubert (silwer), Eloise Gouws (brons), Stephan Janse van Vuuren (silwer), Shannon Baartman (silwer vir tegnies) en Luthando James (brons). Afwesig: Su-Rae Herring (brons). Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'