OUDTSHOORN NUUS - Die geliefde Margit Meyer-Rödenbeck is terug by vanjaar se Klein-Karoo Nasionale Kunstefees!
Die voordele van eierwit
In dié produksie is Meyer-Rödenbeck te sien saam met Marion Holm.
Kyk... as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in 'n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag.
Daar is 'n duisend dinge... Mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou 'n vegan) en pa se woonstel.
Susters wat baie praat, praat die oppervlak so toe dat dit wat regtig pla selde oor gepraat word. Die voordele van eierwit is die gejaagde lewe waaraan ons almal so gewoond is, maar wat as alles vir 'n oomblik stop. Wat gebeur dan?
- 23 Maart om 18:30;
- 24 Maart om 09:30;
- 25 Maart om 18:30;
- 26 Maart om 09:30;
- 27 Maart om 18:30
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'