OUDTSHOORN VERMAAK-NUUS - Getrou aan hulle onderneming om gereeld goeie klassieke musiek en ander kunste, na Oudtshoorn te bring, maak die Oudtshoorn Kunstevriende volgende week weer so.
Die bekende Charl du Plessis Trio tree Dinsdagaand om 19:00 by die Klein Karoo Ostrich Emporium op.
Die trio bestaan uit pianis Charl du Plessis wat jaarliks meer as 130 konserte hou, basspeler Werner Spies en tromspeler Peter Auret.
Vir inligting en kaartjies, skakel Annelise by 072 592 3928 of Antoinette by 084 567 1030.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'