OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se internasionaal-bekroonde kunstenaar, Chris Slabber bied vanjaar tydens die KKNK 'n oorsiguitstalling by Surval Boutique Olive Estate aan.
Die uitstalling dek werk wat hy vanaf 2014 tot 2018 geproduseer het.
"Chris Slabber onthul die verborge skoonheid van sy onderwerp en medium. Sy werke neem 'n intensiteit aan wat dit van sy fisiese boeie bevry.
"Dit is net deur sy kunswerk te betree en fisies daarmee betrokke te raak, dat jy die alomvattende ervaring kan geniet.
"My persoonlike ervaring met Chris se werk is nie wat om te verwag nie, maar wat jy deur sy visie ontdek. Groot ontdekkings wag vir jou in sy aanstaande uitstalling, "sê Surval-eienaar, Deon van Wyk.
Die uitstalling sal 'n verskeidenheid style en mediums insluit wat wissel van fotografie, fotomanipulasie, ink-illustrasies en drukwerk.
Die uitstalling open Saterdag 31 Maart om 18:30 en duur tot 4 April 2018.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'