“Ek is baie bly dat ek na die fees genooi is en sien daarna uit om met my solo-optrede, From Bach to the Beatles, ’n meer diverse program met die gehoor te deel”, sê Grace.
Sy uitvoering vind Saterdag, 13 Augustus om 09:30 in die NGK Park plaas. Hy het by die eerste Klassique in 2009 opgetree en sien uit na sy terugkeer, met musiek van sy SAMA-genomineerde albums, sowel as nuwe, oorspronklike interpretasies van musiek uit sy konsert Guitar Hero. Musiek deur Spaanse komponiste waaronder Albeniz, Rodrigo en Tárrega word ook gehoor.
Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Klein Karoo Klassique, sê kaartjies verkoop reeds flink. “Feesgangers moet seker maak hulle koop kaartjies vroegtydig vir hierdie jaar se musiekprogram van intieme optredes deur bekroonde klassieke musici.” Volgens Snyman kan feesgangers uitsien na ’n diverse program. “Ons is daarvan oortuig dat die program iets vir elke liefhebber van klassieke musiek se smaak bied.”
Saam met Grace op die program is uitvoerings deur Grammy-wenner Wouter Kellerman (fluit), die Cape Town Tango Ensemble in Piazzolla and Beyond, Vier vir Twee met Mareli Stolp (klavier) & Morné van Heerden (klarinet), Nagmusiek met Grethe Nöthling (klavier), Matildie Thom Wium (mezzo-sopraan) & voorlesings deur Stephanus Muller, die Helderberg Baroque Trio en die ATKV Afsluitingskonsert met Noluvuyiso Mpofu (sopraan), Junnan Sun (klarinet), Elna van der Merwe (klavier) en die bekroonde Suid-Kaap Kinderkoor o.l.v. Jan-Erik Swart.
“Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home en kos R125 per uitvoering. Die program is so saamgestel dat geen optredes bots nie”, sê Snyman. Na verlede jaar se positiewe terugvoer, word meeste uitvoerings in die NGK Park aangebied. Sondag se uitvoerings vind op die pragtige Surval Boutique Olive Estate net buite Oudtshoorn plaas.