OUDTSHOORN NUUS - Reghardt Wolmarans (5), leerder aan die Principia Onafhanklike Skool, het geskiedenis gemaak toe hy Saterdag 17 Februarie in sy eerste Surval parkrun die 5 km in 'n tyd van 36 minute 57 sekondes voltooi het, sonder enige voorbereiding.
Hy was algeheel 49ste uit 'n totaal van 101 deelnemers.
Volgens Reghardt se moeder, Laetitia Wolmarans, was sy heelpad aan sy sy vir die nodige ondersteuning.
Reghardt se woorde na die wedloop aan sy ma was: "Mamma, dis hierdie tekkies wat my so mooi laat hardloop het."
Francois Maquassa was die wenner van die 148ste Oudtshoorn parkrun by Surval in 'n tyd van 17 minute 41 sekondes. Willem Stuurman was tweede met 'n tyd van 19 minute 8 sekondes en Yaron Venter derde in 21 minute 3 sekondes.
Die eerste junior oor die wenstreep, Hanru Storm (15), was derde met 'n tyd van 21 minute 10 sekondes.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'