stad.
11 Kanna-toekennings is by die Mount Nelson Hotel uitgedeel en Rhodé Snyman is aangewys as die nuwe uitvoerende hoof van Kuns Onbeperk.
Vanjaar se Kanna-paneel was Erns Grundling (sameroeper), Abduraghmaan Adams, David April, Charl Bezuidenhout, Ronnie Burton,
Diane de Beer, Chrisna du Preez, Cornelia Faasen, Deon Maas, Laetitia Pople, Louis Pretorius, John Theodore, Cobus van Bosch, Johan van der Merwe, Naudé van der Merwe en Celeste Williams. Saam het hulle sowat 100 produksies, wat meer as 50 debute insluit, beoordeel.
"Die paneel was vanjaar geweldig beïndruk met debuutproduksies, veral wat toneel betref. Ons was dit eens dat vanjaar se Toneel-aanbod een van die heel beste in jare was. Ons is ook opgewonde oor die nuwe kategorie vir beste komedie – verskeie opwindende en verruimende produksies het hiervoor in aanmerking gekom. Baie geluk aan almal wat genomineer is en natuurlik aan die uiteindelike wenners. En 'n groot dankie aan die kundige en ywerige Kanna-paneel vir al hul harde werk en entoesiasme," het Grundling gesê.
Die Kanna vir die beste teateraanbieding, geborg deur die ATKV, het aan die produksie Dogma gegaan. Dié produksie het ook met die Kanna vir beste debuutwerk, geborg deur Absa, weggestap.
Waterpas het die Kanna vir beste komedie, geborg deur kykNET & Kie, ontvang. Gerben Kamper wat in Samsa-masjien gespeel het, het die Kanna vir beste manlike akteur ontvang, en Antoinette Kellerman wat ook in Samsa-masjien gespeel het, het die Kanna vir beste vroulike akteur, geborg deur Sarie, verwerf.
Finding Emo het die Kanna vir beste musiekproduksie, geborg deur Huisgenoot, ontvang en Homage - 'n Huldiging van Suid-Afrikaanse komponiste, het die Kanna vir beste klassieke musiekuitvoering, geborg deur kykNET, ontvang. Jaco Bouwer, regiseur van Samsa-masjien het die Kanna vir beste regie, geborg deur die ATKV, ontvang.
Die Slurpie Kanna vir beste opkomende kunstenaar, geborg deur die Absa KKNK, is aan Richard September vir sy spel in Rondomskrik oorhandig. Die produksie Samsa-masjien het ook die Herrie Kanna vir Kopverskuiwende Werk, geborg deur Absa, gekry.
Die Kanna vir beste visuele kunsaanbieding, geborg deur Absa KKNK, is aan Hannelie Taute vir haar werk Rubber ever after oorhandig.
Die Kanna-paneel het ook vanjaar versoek dat daar 'n eervolle vermelding vir die puik ensemble-spel van die akteurs in Dogma en Rondomskrik gebring word.
Verskeie persone ander persone is ook Sondag deur Kuns Onbeperk vereer vir hul bydrae, rol en diens aan die kunste:
- T.T. Cloete en Koos Human (Afrikaans Onbeperk vir lewensbydrae),
- Nataniël (Afrikaans Onbeperk vir vernuwende denke),
- Christiaan Olwagen (Afrikaans Onbeperk vir 'n jong stem),
- Franklin Sonn (Kuns Onbeperk vir diens aan die KKNK),
- Thandi Klaassen (Kuns Onbeperk vir lewensbydrae),
- Jaco Bouwer (Kuns Onbeperk vir vernuwende denke),
- Sandra Prinsloo en Shaleen Surtie-Richards (Kuns Onbeperk vir vertolking),
- Coenie de Villiers en Zolani Mahola (Kuns Onbeperk kruispunt).

Van links is Roelof Storm (akteur), Saartjie Botha (vervaardiger), Albert Pretorius (akteur), Christiaan Olwagen (skrywer en regisseur en vereer as Jong Stem) en Rolanda Marais (akteur) wat almal te sien was in die produksie Dogma. Foto's: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'