TUINROETE NUUS - Mense word genooi om op Vrydag, 17 Mei, 'n kuieraand te ondersteun waar daar fondse vir die 14-jarige Antoni van Reenen ingesamel word.
Antoni, wat rolstoelgebonde is, is 'n epilepsie-lyer wat daagliks aanvalle kry en versorg moet word. 'n Openbare welsynsorganisasie, die Antonie Smile Care Fund, is vir hom geregistreer om hom te help.
Op 17 Mei om 18:00 word 'n heerlike kaas- en wyn-paring by die Spekboom Deli in Gerickestraat, Voorbaai, op Mosselbaai gehou.
Die koste beloop R150 per persoon. Vir besprekings kan Antoni se ma, Marili Steyn (078 782 6924) gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’