'n Skrywer sê: 'Ons bestuur tyd, mors tyd, spandeer tyd en spaar tyd. Ons wens die tyd wil kom, ons wens die tyd wil verbygaan, ons sien hoe die tyd vlieg, ons voel hoe tyd stilstaan. Ons hou horlosies dop en dra kalenders rond en tog beheer God tyd. Hy het tyd geskep en sy skeppings word in sy tyd gelei en deur sy liefdevolle hand gerig.
Ons word deur onverwagte ontwikkelinge verras, maar God word nooit, selfs deur die mees rampspoedige gebeurtenisse, verras nie. Jou lewensuitkyk verander dramaties wanneer jy weet dat God op hierdie presiese oomblik binne in jou werk om sy doel vir jou uit te leef.
Dink hoe jy sou gelewe het as jy verseker was dat God aan die einde van jou sperdatum vir jou wag. Dat selfs met sekondes oor, jy met sekerheid geglo het dat God in jou omstandighede aan die werk is. Die kern van geloof is om te glo dat God daar is en op die punt is om die noodsaaklike te voorsien. 'Jesus Christus bly steeds dieselfde - gister, vandag en vir altyd!' (Hebreërs 13:8 NLV). Tyd kan nie sy liefde of sy krag om in jou lewe te werk, verminder nie. Hy was in die verlede daar, Hy is hier in die hede en Hy sal in die toekoms daar wees.
Vir Hom '...is 'n duisend jaar soos gister, soos 'n nagwaak wat gou verby is!' (Psalm 90:4 NLV). Sy uiteindelike doel is om jou in die ewigheid in te bring, nie net om jou deur hierdie week te kry nie.' Herinner jouself in elke situasie, dat '...Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.'