Word jou talente nie erken nie? Het jy 'n spesifieke talent en tog voel dit asof God jou nie met sukses seën nie?
Hierdie mag dalk die sleutel tot die probleem wees: 'As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens 'n grief teen jou koester, los jou offer net daar en gaan maak eers vrede met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer. Sorg dat jy baie gou op goeie voet met jou teenstander kom...' (verse 23-25 NLV).
Jy sê, 'Die persoon waarmee ek 'n probleem gehad het, is nie meer beskikbaar nie en tog pla dit my nog steeds.' Le es hierdie twee Skrifgedeeltes: 1) 'Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het 'n kragtige uitwerking' (Jakobus 5:16 NLV).
2) 'Wie se sondes julle ook al vergewe, dit word hulle vergewe; wie s'n julle ook al handhaaf, word gehandhaaf' (Johannes 20:23 NLV). Deel jou gevoelens met iemand wat jy vertrou. Bid saam met hulle, bely jou skuld en verkeerde dade openlik. Gebed en die teenwoordigheid van 'n bevestigende vriend sal jou van die vrede wat jy soek, voorsien. Nadat Dawid vir Urija, Batseba se man, doodgemaak het, was sy skuldgevoelens oorweldigend en het hy God se vergifnis gesoek. Urija was egter al amper vir 'n jaar dood. Natan het na Dawid toe gekom en hom beskuldig en hom vertel wat alles met hom gaan gebeur.
Dawid het toe gesê: 'Ek het teen die Here gesondig...' Natan het geduldig geluister en geantwoord, '...Die Here het jou sonde vergewe...' (2 Samuel 12:13 NLV). Volg Dawid se voorbeeld - en sit dan die saak agter jou en beweeg vorentoe.