Bomdreigement by polisiestasie

Polisiebeamptes en administratiewe personeel buite die polisiestasie na die bomdreigement. Foto: Christo Vermaak

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn-polisie moes vanoggend die polisiestasie, sowel as die vyfverdieping administratiewe gebou ontruim na ‘n bomdreigement.
 
Polisiewoordvoerder sers. Gretchen Michaels sê ‘n anonieme oproep is kort na 10:00 na die polisiestasie gemaak, waar die polisie gewaarsku is dat daar ‘n bom in die gebou is.
 
Polisiebeamptes en administratiewe personeel moes in Baron van Reedestraat wag, terwyl die polisie se honde-eenheid en plofstofdeskundige die gebou deursoek het.
 
Omstreek 11:30 het die personeel weer terugbeweeg in die gebou.
 
‘n Bomdreigement klagte word ondersoek.
 
Meer inligting volg soos dit bekend word. 
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant