OUDTSHOORN SWEMNUUS - Twee plaaslike swemmers van die Freda Barnard-swemklub, Nelleke du Randt en Jancke Potgieter, het die afgelope naweek bronsmedaljes by die 40ste Freda Barnard-swemgala, wat by die NA Smit-swembad gehou is, losgeswem.
Dit was duidelik dat inwoners dors was vir sportaksie na maande van rantsoenering met 'n geskatte 600 besoekers wat oor die gala se duur van drie dae dit bygewoon het.
Ondanks die groot getalle is streng Covid-19-regulasies steeds gehandhaaf. Volgens Deliah van Biljohn, swemafrigter van die Freda Barnard-swemskool, het die huidige Freda Barnard-swemgala destyds ook bekendgestaan as die Oudtshoorn-uitnodigingsgala.
"Ons het sowat 560 inskrywings van 31 swemklubs vanaf Kaap-stad en Port Elizabeth ontvang wat fantasties is. My ma, Freda Barnard (81) het ook ondanks haar hoë ouderdom die gala bygewoon.
Ons sien uit na die volgende gala wat 30 November weer by NA Smit gehou gaan word."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'