Update
GEORGE NUUS - Bianca Buitendag van Victoriabaai het vanoggend nie net inwoners van George en Victoriabaai trots gemaak nie, maar ook die ganse Suid-Afrika.
Sy het ‘n silwermedalje in die eindronde in die vroueafdeling by die Olimpiese Spele gewen. Sy het teen Carissa More van Amerika verloor.
Dit was die eerste keer dat branderplankry by die Olimpiese Spele as sport aangebied word.
Die 27-jarige Buitendag het kort voor haar vertrek na Japan gesê sy sal tevrede wees as sy ‘n plek op die podium behaal. Yvette Buitendag, Bianca se ma, het voor die geleentheid aan George Herald gesê dis ‘n wonderwerk dat Bianca deurgedring het.
LEES HIER: Bianca bring medalje huis toe
Bianca het op Facebook geskryf as jy ooit ‘n wonderwerk in jou lewe nodig het onthou vandag.
Die eindronde het vanoggend tussen 09:30 en 10:00 Suid-Afrikaanse tyd plaasgevind.
Buitendag het kort gelede haar silwermedalje ontvang. Met die ontvangs van haar medalje het sy trane uit haar oë gevee. Sy is die eerste vrou wat 'n silwermedalje by die Olimpiese Spele verower.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'