OUDTSHOORN TENNISNUUS - Die A- en B-mansspanne van die Wesbank-tennisklub het Saterdag op hul tuisbane goeie oorwinnings in die ligakompetisie van die Eden-tennisvereniging behaal.
Die A-span het Knysna met 3-2 geklop, terwyl die B-span vir Hartenbos B met dieselfde telling verslaan het.
Die volledige uitslae is soos volg:
Eerste Liga
- Wesbank A-span 3 - Knysna 2
Enkelspel
- Xander Pienaar klop William Rhodes 6-2, 4-6, 6-1
- Dirk Potgieter klop Gert Beyleveld 6-1, 6-2
Dubbelspel
- Louis Pienaar en Louis Uys verloor teen Ayanda Nontshinga en Ettienne Brown 6-7, 3-6
- Xander Pienaar en Louis Pienaar verloor teen William Rhodes en Ayanda Nontshinga 2-6, 4-6
- Dirk Potgieter en Louis Uys klop Gert Beyleveld en Ettienne Brown 6-1, 6-1
Tweede Liga
- Wesbank 3 - Hartenbos 2
Enkelspel
- Frans Smit klop Aubrey Nel 3-6, 6-3, 6-2
- Bernard Smit verloor teen Pieter Smit 4-6, 2-6
Dubbelspel
- Pieter Schoeman en John Marais klop Frans Marx en Mervin Dalton 6-4, 6-2
- Frans Smit en John Marais klop Aubrey Nel en Frans Marx 6-0, 2-6, 6-3
- Pieter Schoeman en Bernard Smit verloor teen Pieter Smit en Mervin Dalton 4-6, 2-6
Die spanne van Wesbank se B-span en Hartenbos is voor, van links: Pieter Smit, Aubrey Nel, Frans Marx en Mervin Dalton van Hartenbos. Agter: Pieter Schoeman, John Marais, Bernard Smit en Frans Smit van Wesbank. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'