OUDTSHOORN NUUS - Twee-en-twintig skole van regoor die Eden-distrik het Vrydag 13 Maart aan die Reef Hudson-skoletennistoernooi by die Great Tennis Akademie in George deelgeneem.
Laerskool Wesbank het met vier spanne deelgeneem, naamlik die eerste en tweede seuns- en meisiespanne, wat elk in verskillende afdelings meegeding het.
Die skool het uitstekende resultate behaal. Die tweede seunspan het hul afdeling gewen, terwyl die eerste seunspan 'n derde plek in hul afdeling behaal het. Die tweede meisiespan het ook derde geëindig, terwyl die eerste meisiespan 'n indrukwekkende algehele tweede plek ingeneem het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’