OUDTSHOORN NUUS - Die bestuur van die Wesbank-tennisklub is tydens die klub se 2026 algemene jaarvergadering onbestrede vir nog ’n termyn herkies.
Jacques de Beer (voorsitter), Cobus Diepraam (ondervoorsitter), Mari Snygans (sekretaresse), Josy Coumens (tesourier) en Celliers Petzer (wedstrydsekretaris). Hanle Kok, JC Conradie en Marcell Petzer dien as gewone bestuuslede.
Volgens De Beer het die klub ’n suksesvolle jaar agter die rug, met die A-span wat Eden-tennis se gemengde ligakompetisie gewen het.
Die klub se ledegeld bly onveranderd op R1 550 vir volle lidmaatskap en R1 000 vir die gewilde familiepakket. Die besoekersfooi is egter verhoog van R30 na R50 per speler per dag in ’n poging om spelers aan te moedig om as volwaardige lede by die klub aan te sluit.
De Beer het verder gesê die klub is bevoorreg om Oudtshoorn Padel as huurder te verwelkom.
“Dit beteken geweldig baie vir die klub en ons wil baie nou saamwerk. Die klubhuis is reeds opgegradeer en ons sien daarna uit om binnekort ook die bane behoorlik oor te doen, wat weer meer toernooie na Oudtshoorn sal lok,” het hy gesê.
Tennisspelers wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan De Beer by 082 897 8262 of Cobus Diepraam by 083 280 6671 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’