OUDTSHOORN TENNIS-NUUS - Die sewe spelers van die Wesbank-tennisklub wat van 2 tot 6 Maart aan die 2019 SA ITF seniors-tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem het, het goed rekenskap van hulself gegee. Twee van die klub se spelers kon daarin slaag om nasionale titels in te palm.
Elmarie Lategan (oor 75) het saam met Petro Kruger, Hanlé Cronje (oor 65) en Jilda Manson, die vrouedubbels in hul onderskeie ouderdomsgroepe gewen, terwyl Lategan ook die naaswenner in die enkelspel was.
Danie Steyl (oor 60) het saam met Stoffel Botha 4de in die dubbelspel geëindig.
Garnett Wicomb (oor 75) het soos verlede jaar weer tot die halfeindstryd van die mansenkelspel deurgedring waar hy teen die uiteindelike wenner, Kobus de la Port, die onderspit gedelf het.
Hy het saam met Chris Taylor van KwaZulu-Natal derde in die mansdubbelspel geeindig.
Elmarie Lategan. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'