OUDTSHOORN NUUS - Die 17-jarige, belowende tennisspeler, Liebe Oosthuizen van Langenhoven Gimnasium, is ingesluit in die Suid-Afrikaanse-skolespan na haar puik vertonings by Tennis Suid-Afrika se interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria waar sy die Eden-tennisspan verteenwoordig het.
Sy het in die enkelspel, dubbelspel en gemengde dubbelskompetisie gespeel.
Die SA-skolespan reis gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie vir 'n toer na London waar hulle ook die Wimbledon-tennistoernooi sal bywoon.
Liebe se afrigter Pieter van der Walt sê Liebe het ook die afgelope skoolvakansie in Bloemfontein aan die SA Nasionale juniortennistoernooi deelgeneem, waar sy sewende uit die 64 deelnemers geeindig het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'