OUDTSHOORN TENNIS NUUS - 'n Besondere eer het sers. Ozzy Horne van Ladismith-polisiestasie te beurt geval toe hy na afloop van die nasionale tennistoernooi verlede maand in Durban vir die nasionale SAPD-tennisspan gekies is.
Horne het onderskeidelik twee medaljes in die enkel- en mansdubbelspel ingepalm.
Hy het in die 40+ ouderdomsgroep meegeding. Die nuutverkose nasionale SAPD-tennisspan sal volgende jaar aan 'n internasionale tennistoernooi deelneem met die datum en die plek wat nog bepaal moet word.
Volgens Horne het hy in 2013 vir die eerste keer nasionale SAPD-kleure behaal en sommer met die intrapslag 'n goue medalje in Windhoek verower.
"Ek speel tennis sedert my kindsdae en geniet dié sportsoort ontsettend baie. Terselfdertyd hou dit my ook topfiks,” het hy gesê. Omdat hy op Ladismith werk kan hy weens sy werksure slegs een keer per week op Oudtshoorn oefen wanneer hy tuis is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'