OUDTSHOORN TENNNIS-NUUS - Die eerste been van vanjaar se Fritz Meissner 190’s tennistoernooi van die Eden-tennisvereniging, is Saterdag op Oudtshoorn afgehandel nadat die organiseerders dit as gevolg van reën vanaf Mosselbaai verskuif het.
Altesaam 28 spanne (112 spelers) het aan die gewilde toernooi deelgeneem waarin die gesamentlike ouderdom van ‘n span nie minder as 190 jaar moes wees nie.
Die tweede reeks wedstryde word op 11 Mei in George gespeel.
Die tennisspan van Pacaltsdorp wat deelgeneem het is van links: Ebrahim America, Vivian Lottering, Calvin Lottering (kapt) en Chat Stride. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'