TENNIS NUUS - Die Eden-tennisspan het Saterdag sy oorwinning oor die Oostelike Provinsie op Worcester opgevolg met 'n oorwinning oor Noord-Boland wat ook tot die einde in die weegskaal was.
In die stryd tussen die ope spanne het sake gelykop verloop en het Eden uiteindelik met vier potte koning gekraai.
Die Eden 40+- span het met 9-3 gewen, terwyl die 50+ span met dieselfde telling die onderspit gedelf het.
Gelukkig was die 60+-span heeltemal te sterk vir hul eweknieë van Noord-Boland en hul kragmeting met 10-2 gewen om die knoop vir Eden deur te hak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'