OUDTSHOORN RUGBY NUUS - Fezekile Sekondêr (Oudtshoorn), Thembalethu Sekondêr (George) Aurial College (Oudtshoorn) en Soa Bras Sekondêr (Mosselbaai) het Saterdagoggend 26 Mei aan die o.15 Vuka-rugbytoernooi op Oudtshoorn deelgeneem.
Die toernooi is gesamentlike projek tussen SA Rugbylegendes en die SA Rugbyunie om opkomende potensiële rugbysterre te identifiseer en hul potensiaal te ontwikkel.
Fezekile het Thembalethu 46-0 gewen, terwyl Soa Bras Aurial College 26-0 gewen het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'