OUDTSHOORN NUUS - 'n Groep jong rugbyspelers, wat volgende jaar deel gaan wees van Langenhoven Gimnasium se graad 8's (Welpies) en vir die o.16-span gaan uitdraf, het vandag, 6 Desember die voorreg gehad om vir Victor Matfield te ontmoet.
Afrigter, Kalbas Nell, het hom aan die leerders voorgestel en hulle daaraan herinner dat akademie eerste prioriteit moet geniet.
Kalbas Nell en Victor Matfield. Foto: Liezl van Niekerk
Matfield het vir die leerders gesê dat hy self eers in graad 11 begin uitblink het in rugby.
"Dit gaan oor oefen en aanhou en glo. Moenie nou ophou omdat jy nie dadelik eerstespan of A-span haal nie. Werk net hard. Ek het ook eers vir die vierde span gespeel en het nie altyd gelyk soos ek nou gelyk het nie."
Leerders en ouers het na die tyd geleentheid gekry om handtekeninge by hom te kry en foto's saam met hom te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’