RUGBY NUUS – Seagulls-rugbyklub van Melkhout-fontein het Saterdag 15 April op hulle tuisveld behoorlik amok gemaak teen Knysna.
Die A-span het in die hoofwedstryd vir Knysna met 'n pragtelling van 45 - 24 oorompel.
Die tuisspan was duidelik lus om te hardloop en het die toeskouers knaend op hulle voete gehad.
Vir Seagulls het Jason Lawrence (heelagter) twee keer gaan druk met die senterpaar, Reagan Riddles en Nathan Buis, Hyron October (flank), Joswin Esau(slot) en Howard Michaels (plaasvervangerstut) wat elkeen een drie gedruk het. Wilhelm Sollaman het vyf van die nege drieë verdoel.
Seagulls se B-span het 'n wegholoorwinning met 64 - 7 behaal terwyl die C-spanne met 7 elk gelykop gespeel het.
Henrico Riddles rank hoog vir die bal. Foto's: Richard Webb
Regan Riddles loop sterk met die bal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’