SUID-KAAP RUGBY NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale het in samewerking met Laeveld Agrochem en Agri Technovation op 1 en 2 Maart die jaarlikse o.13-rugbytoernooi aangebied.
Sowat agtien laerskole van die Wes-, Suid en Oos-Kaap het kragte gemeet in verkorte wedstryde waar geen doel- en strafskoppe toegelaat is nie.
Die toernooi bied die ideale geleentheid om spankombinasies te toets en kragte teen skole uit ander streke te meet.
Dit was duidelik dat heelwat spanne sonder hul spelers, wat aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap deelgeneem het, moes speel. Afgesien hiervan het die spanne aanskoulike rugby gespeel en kan daar uitgesien word na opwindende kaalvoetrugbyseisoen.
Die spankapteins van die onderskeie laerskole saam met twee verteenwoordigers van Laeveld Agrochem. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'